Shalom aleichem! Silwer Trompet Bediening vergader eerskomende Shabbat weer aan huis van Hein & Gerda Zentgraf in Henley on Klip vanaf 09:30. Ons behandel hierdie week parashat tazria (sy word swanger), uit die derde boek, Levitikus. Berei asseblief voor uit Torah: Vayiqra (Levitikus) 12:1 tot 13:59, M’lakhim Bet (2 Konings) 4:42 tot 5:19, Mattiyahu (Mattheus) 8:1-4 en Luka (Lukas) 17:11-19 en bring gerus vrae na die tafel vir bespreking.

Vir diegene buite die Vaaldriehoek doen ons afstand-inskakeling deur middel van Jitsi, 'n toepassing wat op alle slimfone en rekenaars werk. Die skakel word om 09:30 uitgestuur na belangstellendes op ons Telegram-groep, YAH se Feeste. Koffie en tee word verskaf en elke gesin is welkom om 'n bordjie eetgoed saam te bring om te deel, met 'n versoek dat elkeen oordeelkundig sal wees rondom mense met spesiale diëte, soos gluten-onverdraagsaamheid en diabetes. Skakel gerus met ons op Telegram 0837745609 of Whatsapp 0846743400. Tot eer van YAH!

image